Jesus
Logo

Leef Voluit Saam Met Jesus


Search this site or the web powered by FreeFind


Site search Web search


Maar een ding: ek vergeet die dinge wat agter is en strek my uit na wat voor is,
en jaag na die doel om die prys te verkry van die hoë roeping van God in Christus Jesus.
--Paulus in Filipense 3:14

Jesus dra sy kruis

For English, click here

Contact Us - Kontak Ons

Welkom op ons Vriendelike Webtuiste

Om

Dink 'n bietjie hieroor:

Uitspanplek Langs Waters van Rus

Waters van rus soos wat Dawid dit in Ps. 23 beskryf, kan ‘n paar dinge vir ons beteken:

  • Ons smag na God se Waters van Rus omdat die golwe van die lewe besig is om ons te laat verdrink en ons weet nie hoe om daaruit te kom nie.
  • Ons het die groen gras onder die koeltebome langs God se Waters van Rus bereik.
  • Hier span ons uit om gereed te maak om die reis wat God vir ons voorberei voort te sit.
  • Daarom gaan ons hier ons probleme aan Sy Voete lê,
  • Sy Woord bestudeer vir rigtingwysers op die pad vorentoe.
  • Aan Hom alle eer een toeweiding bring wat Hy verdien.
  • My passie in die lewe is om God toe te laat om deur my ‘n verskil in my medereisigers op die lewenspad se lewens te maak.
  • Ek doen dit omdat dit God se opdrag aan ons elkeen is om Sy Woord uit te dra en ek die fontein in my binneste nie kan keer nie.

Nuutste Byvoegings



Ken Jy Die Drie Figure In Die Verhaal Van Die Verlore Seun?

Die volgende beskrywing van die verhaal van die verlore seun soos Dominee Sara-Jane Wessels dit skilder, het weereens vir my nuwe betekenis gekry. Ek hoop jy sal ook die drie hoof figure opnuut ontmoet.
Verlore Seun Keer Terug


Is Daar Antwoorde in die Bybel
Die Onbetroubare Lewenspad
Is daar meer as een Hemel?
Gunsteling Bybel Aanhalings
24 Uur in God se diens Wat sal gebeur as?
Oefeninge uit die Bybel? Kom oefen jou brein en versterk hom.
Gedink God hou nie van jou nie? Lees eers Sy brief
Praat God vandag nog met ons?
God se Stem in die Bybel

Wat daarvan as....

  • Wat sal gebeur as Jesus in jou bed wakker word en vir 24 uur in jou skoene stap; in jou huis woon, en jou daaglikse program volg?
  • Jou werkgewer Sy werkgewer word?
  • jou moeder, vader, lewensmaat, kinders word Sy moeder, vader, lewensmaat, kinders en jou pyn Sy pyn?

Niks in jou lewe verander nie :

  • jou gesondheid bly dieselfde;
  • jou omstandighede bly dieselfde;
  • jou daaglikse program verander nie;
  • Jou probleme word nie opgelos nie.

Daar is slegs een groot en belangrike verskil,
Hy leef jou lewe in jou plek.

  • Jou hart kry die dag af en jou lewe word gelei deur die Hart van God.
  • Sy prioriteite beheer jou optrede.
  • Sy passie is in beheer van jou besluite.
  • Sy liefde bestuur jou gedrag.

Hoe sal jy lyk?

  • Sal mense 'n verandering raaksien?
  • Sal jou familie ‘n nuwe jy ervaar?
  • Sal jou kollegas die verandering ervaar?
  • Wat van die minderbevooregtes? Sal jy hulle op die ou manier behandel?
  • Sal jou vriende meer vreugde by jou ervaar?
  • Wat van jou vyande? Sal hulle meer genade van die hart van Jesus ontvang as van joune?

Jy self, hoe sal jy voel?

  • Watter verandering sal hierdie oorplanting in jou stres vlakke, jou gemoedsveranderinge, jou humeur bring?
  • Sal jy beter slaap?
  • Sal jy ‘n sonsondergang ander sien?
  • Die dood van ‘n vriend of geliefde anders beleef?
  • Enige moontlikheid dat jy minder pynstillers of susmiddels sal gebruik?
  • Wat van jou reaksie op verkeersknope en oponthoud?Sal jy dit steeds hanteer soos wat jy dit nou doen?
  • Sal jou beplanning vir die volgende 24 uur dieselfde wees?

 

Staan ‘n oomblik stil en dink oor jou lewe en jou lewenswyse.

Wanneer Jesus jou hart oorneem, sal enigiets verander?

Verstel die lens van jou verbeelding totdat jy ‘n duidelike beeld het van Jesus wat jou lewe leef.
Kyk nou deurdringend na die prentjie. Wat jy sien is wat God wil hê. Hy wil hê jy moet soos Jesus dink en optree!

"Terwyl ek hierdie stukkie gelees het, het God my daaraan herinner dat dit Sy plan is dat jy en ek ‘n hartsvernuwing nodig het.
Efesiërs 4:23-24 En dat julle vernuwe moet word in die gees van julle gemoed en julle met die nuwe mens moet beklee wat na God geskape is in ware geregtigheid en heiligheid.

"Vir een hele dag het ek myself afgevra hoe Jesus hierdie of daardie situasie sou hanteer. Ek het tot die slotsom gekom dat Hy geen situasie sou hanteer soos ek dit gewoonlik doen nie.

"Ek was verbaas oor die veranderinge wat Hy in my wou aanbring. So bietjie skaaf en skuur hier en daar om my gees beter te laat funksioneer.

"Aanvaar die uitdaging om die dinge vandag in jou hart te oordink.
Wat sal alles binne jou verander as Jesus vir slegs een dag binne jou leef?
"Hoeveel verandering sal ander mense rondom jou in jou raaksien en ervaar as Jesus en Sy hart binne jou leef?

"Jy moet verstaan dat waar jou hande en jou hart aan die werk is, God wil hê dit moet Sy hande en Sy hart wees wat binne en deur jou werk. Wanneer God na jou kyk wil Hy vir Jesus in jou sien!"

Outeur onbekend

Nuutste Byvoegings



Ken Jy Die Drie Figure In Die Verhaal Van Die Verlore Seun?

Die volgende beskrywing van die verhaal van die verlore seun soos Dominee Sara-Jane Wessels dit skilder, het weereens vir my nuwe betekenis gekry. Ek hoop jy sal ook die drie hoof figure opnuut ontmoet.
Verlore Seun Keer Terug


Is Daar Antwoorde in die Bybel
Die Onbetroubare Lewenspad
Is daar meer as een Hemel?
Gunsteling Bybel Aanhalings
24 Uur in God se diens Wat sal gebeur as?
Oefeninge uit die Bybel? Kom oefen jou brein en versterk hom.
Gedink God hou nie van jou nie? Lees eers Sy brief
Praat God vandag nog met ons?
God se Stem in die Bybel

English

We Invite You To Join Us At The Lord's Green Pastures And His Still Waters.

Green pastures and still waters as described by David in psalm 23 may have different meanings to different people. :

  • - We yearn for the Lord’s green pastures and still waters because the high waves of life are drowning us and we do not know how to escape from them.
  • <
  • We reached the Lord’s trees and green grass at still waters
  • - Here we relax in preparation for the journey the Lord has prepared for us.
  • - Therefore we are going to leave all our problems at His Feet, and NOT take them back!
  • study His Word for directions to the road ahead.
  • worship and praise Him with all our heart.
  • My passion in life is to allow God to use me to make a difference in the lives of all people traveling with me on life’s road on earth.
  • I do this in answer to the Lord’s command to each one of us to spread His Word where ever we go and because I cannot stop the fountain of Love for Him in my heart from bursting out and I HAVE to give It Away.

Latest Additions



Can You believe The New Testament?
Favourite Bible Quotes
Can You Pray The Lord's Prayer?
We Never Talk Anymore
My Protector Never Sleeps
">A Doll Named Polly
Who is Jesus

Deuterocanonical (apocrypha) books are those books that were included in the Greek Septuagint (LXX) but not included in the Hebrew Bible
How Great is our God


Bible Talks About Disabled People Too>
Disabled People Part of Jesus' Family