Logo

Leef Voluit Saam Met Jesus


Search this site or the web powered by FreeFind


Site search Web search


Maar een ding: ek vergeet die dinge wat agter is en strek my uit na wat voor is,
en jaag na die doel om die prys te verkry van die hoë roeping van God in Christus Jesus.
--Paulus in Filipense 3:14

Jesus dra sy kruis

For English, click here

Kontak Ons - Contact Us

Welkom op ons Vriendelike Webtuiste

Om

Dink 'n bietjie hieroor:

Waters van Rus

Waters van rus soos wat Dawid dit in Ps. 23 beskryf, kan 'n paar dinge vir ons beteken:

  • Ons smag na God se Waters van Rus omdat die golwe van die lewe besig is om ons te laat verdrink en ons weet nie hoe om daaruit te kom nie.
  • Ons het die groen gras onder die koeltebome langs God se Waters van Rus bereik.
  • Hier span ons uit om gereed te maak om die reis wat God vir ons voorberei voort te sit.
  • Daarom gaan ons hier ons probleme aan Sy Voete lê,
  • Sy Woord bestudeer vir rigtingwysers op die pad vorentoe.
  • Aan Hom alle eer een toeweiding bring wat Hy verdien.
  • My passie in die lewe is om God toe te laat om deur my ‘n verskil in my mede reisigers op die lewenspad se lewens te maak.
  • Ek doen dit omdat dit God se opdrag aan ons elkeen is om Sy Woord uit te dra en ek die fontein in my binneste nie kan keer nie.

Nuutste Byvoegings



Ken Jy Die Drie Figure In Die Verhaal Van Die Verlore Seun?

Die volgende beskrywing van die verhaal van die verlore seun soos Dominee Sara-Jane Wessels dit skilder, het weereens vir my nuwe betekenis gekry. Ek hoop jy sal ook die drie hoof figure opnuut ontmoet.
Verlore Seun Keer Terug


Is Daar Antwoorde in die Bybel
Die Onbetroubare Lewenspad
Is daar meer as een Hemel?
Gunsteling Bybel Aanhalings
24 Uur in God se diens Wat sal gebeur as?
Oefeninge uit die Bybel? Kom oefen jou brein en versterk hom.
Gedink God hou nie van jou nie? Lees eers Sy brief
Praat God vandag nog met ons?
God se Stem in die Bybel

Die Onbetroubare Lewenspad

>Sonia Botha skryf:

Ek het sopas op jul webwerf afgekom en besluit om iets wat ek geskryf het met jul te deel.
Groete,
Sonia Botha

E-pos: (Om jou E-pos te beskerm, laat ek dit hier uit. Indien enig iemand aan Sonia wil skryf, sal ek haar e-posadres met liefde verskaf))

Wie is die volgende om Sonia se voorbeeld te volg? Ek kan geen betaling aanbied nie, maar kom ons bou ons vriendekring op die manier ook uit.
Hettie

Sonia skryf:


Ek staan voor ‘n kruispad in my lewe. Voor my lê drie uitgestrekte paaie en ek moet besluit op watter koers ek wil gaan. Sonder om twee keer te dink begin ek stap. Al singende begin ek my reis.

Langs dié weg bevind ek my in verskeie situasies. Hoe vêrder ek vorder en hoe meer ek my vasloop in negatiwiteit begin my vrolike sange opdroog. Ek gaan staan vir ’n oomblik stil, dink na en besluit ek wil nie vêrder op dié pad reis nie.

Ek draai om en stap al die pad terug. Weereens bevind ek my voor die kruispad. Bietjie moedeloos maar met nuwe durf pak ek die tweede pad aan, en al singende begin ek stap.

Hoe vêrder ek stap hoe steiler raak die pad, ek loop my vas in doringsituasies, mense wat na my hap soos honger hiënas. Ek raak verstrengel in die sorge van die mensdom, die nyd van mense. Ek prik my vingers teen die dorings van roosboom mense. Langs dié weg tel ek soveel beserings op en raak verstrengel en vasgekeer in lewensomstandighede.

Moedeloos draai ek om terug na waar ek begin het. Kop onderstebo bevind ek my vir ’n derde maal by die kruispad. Toe ek opkyk staan daar ’n man geklee in wit met ’n sak in sy hand wat hy na my uithou. Ietwat verdwaas oor die verskyning van die man neem ek die sak by hom.

“Hierin sal jy als vind wat nodig is vir jou reis. En onthou altyd, jy kan nie op jou eie krag staatmaak nie.” Toe verdwyn hy.

Ek loer nuuskierig in die sak, en glimlag toe ek die inhoud daarvan sien want ek verstaan toe wat hy bedoel. Binne in die sak is ’n helm, borswapen, skild, gordel, swaard en skoene.

Soos ’n liggie wat aangeskakel word kom die besef dat ek met my vorige lewenswandel alles op my eie wou doen en misluk het. Met die sak in my hand begin ek die laaste reis aanpak. Dié keer is ek voorbereid vir wart ook al op my pad gaan kom....

Ek skrik wakker uit my diepe slaap en vir ’n oomblik is ek ietwat verward tussen droom en werklikheid maar dan besef ek dat al lyk my lewenspad hoe onseker en vol moeilike situasies, daar Een is wat my nog nooit in die steek gelaat het nie.....

Nuutste Byvoegings



Ken Jy Die Drie Figure In Die Verhaal Van Die Verlore Seun?

Die volgende beskrywing van die verhaal van die verlore seun soos Dominee Sara-Jane Wessels dit skilder, het weereens vir my nuwe betekenis gekry. Ek hoop jy sal ook die drie hoof figure opnuut ontmoet.
Verlore Seun Keer Terug


Is Daar Antwoorde in die Bybel
Die Onbetroubare Lewenspad
Is daar meer as een Hemel?
Gunsteling Bybel Aanhalings
24 Uur in God se diens Wat sal gebeur as?
Oefeninge uit die Bybel? Kom oefen jou brein en versterk hom.
Gedink God hou nie van jou nie? Lees eers Sy brief
Praat God vandag nog met ons?
God se Stem in die Bybel

English

We Invite You To Join Us At The Lord's Green Pastures And His Still Waters.

Green pastures and still waters as described by David in psalm 23 may have different meanings to different people. :

  • - We yearn for the Lord’s green pastures and still waters because the high waves of life are drowning us and we do not know how to escape from them.
  • <
  • We reached the Lord’s trees and green grass at still waters
  • - Here we relax in preparation for the journey the Lord has prepared for us.
  • - Therefore we are going to leave all our problems at His Feet, and NOT take them back!
  • study His Word for directions to the road ahead.
  • worship and praise Him with all our heart.
  • My passion in life is to allow God to use me to make a difference in the lives of all people travelling with me on life’s road on earth.
  • I do this in answer to the Lord’s command to each one of us to spread His Word where ever we go and because I cannot stop the fountain of Love for Him in my heart from bursting out and I HAVE to give It Away.

Latest Additions



Can You believe The New Testament?
Favourite Bible Quotes
Can You Pray The Lord's Prayer?
We Never Talk Anymore
My Protector Never Sleeps
">A Doll Named Polly
Who is Jesus

Deuterocanonical (apocrypha) books are those books that were included in the Greek Septuagint (LXX) but not included in the Hebrew Bible
How Great is our God


Bible Talks About Disabled People Too>
Disabled People Part of Jesus' Family

>