Search this site or the web powered by FreeFind |
Maar een ding: ek vergeet die dinge wat agter is en strek my uit na wat voor is,
en jaag na die doel om die prys te verkry van die hoë roeping van God in Christus Jesus.
--Paulus in Filipense 3:14

Dink 'n bietjie hieroor:
Waters van rus soos wat Dawid dit in Ps. 23 beskryf, kan ‘n paar dinge vir ons beteken:
Die volgende beskrywing van die verhaal van die verlore seun soos Dominee Sara-Jane Wessels dit skilder, het weereens vir my nuwe betekenis gekry. Ek hoop jy sal ook die drie hoof figure opnuut ontmoet.
Verlore Seun Keer Terug
Baie dankie aan Rene wat navraag gedoen het oor die vraag of daar meer as een hemel is.
Hi daar
Ek het 'n hele paar jaar terug 'n boek gelees oor die 7 basuine/7 kerk eeue , en
daarin het ek begin lees oor die verskillende hemele en toe het die boek weggeraak.
Ek wil net graag weet hoeveel hemele is daar en wat is die doel daarvan. Ek het
altyd gedink daar is net 1 hemel.
Kan u dalk vir my verduidelik asook skrifte gee wat dit staaf.
Groete
Rene Havenga
Ek moet erken ek het nog nooit daaroor gedink nie. Dit was lekker, en baie interessant, om daaroor te gaan navors. Die volgende is ‘n opsomming van wat ek raakgeloop het.
Volgens die Bybel is daar meer as een hemel. Ons lees daarvan in die Ou Testament sowel as in die Nuwe Testament.
In Genesis waar ons lees hoe God die hemel en aarde geskape het, kry ons die eerste verwysings na die hemel.
Kom ons kyk net gou eers na die volgorde wat God gevolg het voordat Hy die mens geskape het:
Genesis 2:4-7 “Toe die HERE God die aarde en die hemel gemaak het, was daar nog geen struike in die veld op die aarde nie, en geen plante van die veld het nog uitgespruit nie; want die HERE God het nog nie laat reën op die aarde nie, en daar was geen mens om die grond te bewerk nie. Maar 'n mis het opgetrek uit die aarde en die hele aardbodem bevogtig. En die HERE God het die mens geformeer uit die stof van die aarde en in sy neus die asem van die lewe geblaas. So het dan die mens 'n lewende siel geword.”God berei eers die aarde voor sodat die mens nie in ‘n woeste en wilde woonplek instap nie. Die woonplek wat Hy daarstel is net die beste plek vir die toppunt van Sy skepping:
Genesis 2:8-10 “Ook het die HERE God 'n tuin geplant in Eden, in die Ooste, en daar aan die mens wat Hy geformeer het, 'n plek gegee. En die HERE God het allerhande bome uit die grond laat uitspruit, begeerlik om te sien en goed om van te eet; ook die boom van die lewe in die middel van die tuin, en die boom van die kennis van goed en kwaad. En daar het 'n rivier uit Eden uitgegaan om die tuin nat te maak; en daarvandaan is dit verdeel en het vier lope geword.”Dit moes hemel op aarde gewees het om daar te woon. Jammer dat die mens toe reeds sy perfekte woonplek vrywillig prys gegee het deur die duiwel se storie te glo in plaas van God se opdrag uit te voer.
Die eerste beskrywing van “hemel” is die volgende:
Genesis 1:1 “In die begin het God die hemel en die aarde geskape.
1:6 En God het gesê: Laat daar 'n uitspansel wees tussen die waters, en laat dit
skeiding maak tussen waters en waters. God het toe die uitspansel gemaak en die
waters wat onder die uitspansel is, geskei van die waters wat Bo die uitspansel is. En dit
was so. En God het die uitspansel hemel genoem. En dit was aand en dit was môre, die
tweede dag.
1:14 En God het gesê: Laat daar ligte wees aan die uitspansel van die
hemel, om skeiding te maak tussen die dag en die nag; en laat hulle dien as tekens
sowel vir vaste tye, asook vir dae sowel as jare. Laat hulle ook dien as ligte aan die
uitspansel van die hemel om lig te gee op die aarde. En dit was so.
1:20 En God het gesê: Laat die waters wemel met 'n gewemel van lewende wesens,
en laat die voëls oor die aarde vlieg langs die uitspansel van die hemel.”
Ons kan dus hier twee vlakke van die fisiese hemel onderskei:
)1 Die hemel waarin die voëls vlieg en
2) die gedeelte waar die maan, son en sterre is.
Dit is die aarde met sy direkte hemels wat ons die heelal noem. As gevolg van die sondeval het die mens God se heelal op die grond sowel as in die lug tot in die buitenste ruimte met sy “uitvindsels” besoedel sodat dit die volmaaktheid soos God dit geskape het, verloor het. Wil ek daarmee see dat alles wat die mens oor al die eeue vermag het, sleg is? Nee. God het ook vir ons verstand, die talente en geleenthede gegee Om Sy aarde Te bestuur. Dit was tog ook Sy opdrag aan Adam:
Genesis 2:15 “Toe het die HERE God die mens geneem en hom in die tuin van Eden gestel om dit te bewerk en te bewaak.”Die mens het ‘n opdrag gehad Om te bewerk en bewaak. Besoedeling van die aarde en die hemelruim was nooit deel van ons opdrag nie. Daar is net gedink aan “vooruitgang” sonder om die verantwoordelikheid vir vooruitgang met die minste ontwrigting en besoedeling van ons omgewing in aanmerking te neem.
In die volgende gedeelte word daar verwys na die derde hemel:
2 Korinthiërs 12:2-4 “Ek weet van 'n man in Christus, veertien jaar gelede--of dit in die liggaam was, weet ek nie, of buite die liggaam, weet ek nie, God weet dit--dat so iemand weggeruk is tot in die derde hemel. En ek weet van so 'n man--of dit in die liggaam of buite die liggaam was, weet ek nie, God weet dit-- dat hy weggeruk is in die Paradys en onuitspreeklike woorde gehoor het wat 'n mens nie mag uitspreek nie.”Die uiteindelike gevolgtrekking waartoe ons Kan kom, is dat niemand weet hoeveel hemels daar is nie. Die drie hemels waarna daar in die Bybel verwys word Kan opgesom word as:
1. Die aarde se atmosfeer: Genesis 1:20 (waar voëls vlieg)K
2. Die kosmos buite die aarde se atmosfeer: Genesis 1:14 (waar die sterre is)
3. God se Woonplek: Psalm 11:4 “Die HERE is in sy heilige paleis;
die troon van die HERE is in die hemel; sy oë sien, sy ooglede toets die mensekinders.”
Twee daarvan is dus fisies hemel soos ons fisies mens is. D derde hemel is geestelik, God is gees: Johannes 4:24 “God is Gees; en die wat Hom aanbid, moet in gees en waarheid aanbid.” Dit kan nie met die menslike verstand verstaan word nie. God se woning word dus simbolies beskryf deur dit te vergelyk met iets wat die mens ken.
Ander beskrywings in die Bybel van die Hemel waarin God woon is:
‘n Stad, die Stad van die Lewende God, Hemelse Jerusalem,
die nuwe Jerusalem.
Lees gerus:
Heb. 12:22, Openbaring 21:1-2, 10, Jesaja 66:1-22.
Wat dan van die sewende hemel? Waar kom dit vandaan?
Op die webblad http://www.ucalgary.ca/~elsegal/Shokel/891103_7th_Heaven.html Lees ek van ‘n vraag wat ‘n luisteraar oor die sewende hemel aan die “CBC radio's popular morning "Eye-Opener" program gevra het. Die antwoord was vir my baie interessant.
Die luisteraar is verwys na die gewilde Muslim verwysing na die Paradys wat verdeel is in verskeie heiligheid vlakke wat gemeet word volgens die graad van geregtigheid wat jy in jou lewe op aarde bereik het. Die vermoede word uitgespreek dat dit die kanaal is waarlangs dit in die Engelse taal opgeneem is.
Die konsep is ook diep gewortel in die Joodse tradisie.
Sommige Rabies van die Talmud het baie duidelik uitgespelde idees van die struktuur van die hoër hemel. Hulle was waarskynlik beïnvloed deur die feit dat die Hebreeuse woord vir hemel deurgaans in die meervoud, “shamayim”, gebruik word, wat ‘n meervoud van hemele impliseer.
Gegewe die spesiale waarde wat aan die getal sewe in die Bybel gegee word, is dit byna vanselfsprekend dat die hiërargie van die hemel ook as ‘n meervoud van sewe sal gerangskik word. Die Jode het geen probleme ondervind om die funksies van elke van die sewe hemels te vind nie. Ons daaglikse lewe word ook deur die verdelings geraak.
Daar is ‘n hemel wat daar is om die lig in die nag te bedek. ‘n Ander een is daar om die reën en sneeu te hou. Nog ‘n volgende hemel is daar om die sterre en planete vas te hou. ‘n Ander een pas die siele van die geregtigdes en ongeborenes op. Dan is daar ook die gedeeltes waar die engele, die hemelse stad Jerusalem, en die troon van God is.
Hierdie hemels word ook gesien as paleise "heikhalot" en die taak wat gestel word is om so vêr moontlik na ‘n hoër vlak te vorder totdat jy die hoogste vlak bereik, tot by die Troon van God.
Daar is geen verwysing in die Bybel wat hierdie hiërargie bevestig nie. Jesus het Homself so verneder om af te kom na hierdie aarde waar die mens so vêr van God af weggedryf het as gevolg van ongehoorsaamheid en sondes om weer vir ons die pad oop te maak na Sy Vader se Hemel. As ons nie aan Jesus en Sy Vader behoort nie, sal geen opgang in watter hiërargie ook al iets vir ons beteken nie.
Hoeveel hemels daar is, waar hulle is en wat elkeen se doel is, is sinloos as die kinders van God nie in Sy voetspore volg en luister na Sy stem en bereid is om slegs aan Hom gehoorsaam te wees nie. Ons kan nie in hierdie lewe alles wat God doen en Wie Hy is, begryp nie. Dit is ook nie nodig nie, al wat Hy vra is geloof, dankbaarheid, gewilligheid om te luister, te volg en te doen wat Hy in Sy Woord en deur die Heilige Gees van ons vra.
Word stil, My kind
Luister totdat jy My hoor,
Reageer op My stem
Voer My opdragte uit
Want Ek berei vir jou
‘n plek by My Vader voor
Wat jou nou reeds beskerm,
Ek is nie ‘n God vir “eendag” nie,
Ek is nou reeds in en rondom jou.
Ek hoop dat hierdie klompie gedagtes ook vir jou gebring het aan die Voete van ons groot Skepper wat alles en almal volmaak geskape het.
Hettie WoehlerDie volgende beskrywing van die verhaal van die verlore seun soos Dominee Sara-Jane Wessels dit skilder, het weereens vir my nuwe betekenis gekry. Ek hoop jy sal ook die drie hoof figure opnuut ontmoet.
Verlore Seun Keer Terug
Green pastures and still waters as described by David in psalm 23 may have different meanings to different people. :
Deuterocanonical (apocrypha) books are those books that were included in the Greek Septuagint (LXX) but not included in the Hebrew Bible
How Great is our God