Logo

Leef Voluit Saam Met Jesus


Search this site or the web powered by FreeFind


Site search Web search


Maar een ding: ek vergeet die dinge wat agter is en strek my uit na wat voor is,
en jaag na die doel om die prys te verkry van die hoë roeping van God in Christus Jesus.
--Paulus in Filipense 3:14

Jesus dra sy kruis

For English, click here

Contact Us - Kontak Ons

Welkom op ons Vriendelike Webtuiste

Om

Dink 'n bietjie hieroor:

Waters van Rus

Waters van rus soos wat Dawid dit in Ps. 23 beskryf, kan ‘n paar dinge vir ons beteken:

  • Ons smag na God se Waters van Rus omdat die golwe van die lewe besig is om ons te laat verdrink en ons weet nie hoe om daaruit te kom nie.
  • Ons het die groen gras onder die koeltebome langs God se Waters van Rus bereik.
  • Hier span ons uit om gereed te maak om die reis wat God vir ons voorberei voort te sit.
  • Daarom gaan ons hier ons probleme aan Sy Voete lê,
  • Sy Woord bestudeer vir rigtingwysers op die pad vorentoe.
  • Aan Hom alle eer een toeweiding bring wat Hy verdien.
  • My passie in die lewe is om God toe te laat om deur my ‘n verskil in my mede reisigers op die lewenspad se lewens te maak.
  • Ek doen dit omdat dit God se opdrag aan ons elkeen is om Sy Woord uit te dra en ek die fontein in my binneste nie kan keer nie.

Nuutste Byvoegings



Ken Jy Die Drie Figure In Die Verhaal Van Die Verlore Seun?

Die volgende beskrywing van die verhaal van die verlore seun soos Dominee Sara-Jane Wessels dit skilder, het weereens vir my nuwe betekenis gekry. Ek hoop jy sal ook die drie hoof figure opnuut ontmoet.
Verlore Seun Keer Terug


Is Daar Antwoorde in die Bybel
Die Onbetroubare Lewenspad
Is daar meer as een Hemel?
Gunsteling Bybel Aanhalings
24 Uur in God se diens Wat sal gebeur as?
Oefeninge uit die Bybel? Kom oefen jou brein en versterk hom.
Gedink God hou nie van jou nie? Lees eers Sy brief
Praat God vandag nog met ons?
God se Stem in die Bybel

Gunsteling Bybel Aanhalings

Of jy ‘n nuweling tot die Bybel is en of jy die Bybel baie goed ken, hoop ons hierdie aantal aanhalings sal jou aanspoor om te gaan sit en daaroor na te dink. Jy jou Bybel sal nadertrek sodra een van die gedeeltes ‘n ander gedagte na vore bring, of jou net lekker nuuskierig maak om self vêrder en dieper te delf in die wonder en pad aanwysings wat in die Bybel opgesluit is.

Moet jy iewers ‘n Bybelstudie lei en weet nie waaroor om te praat nie, lees hierdie aanhalings deur, ek is seker dit sal jou gedagtes losmaak. Bid dan en vra die Here of dit die onderwerp is waaroor Hy wil hê jy moet gesels.

Kyk hoeveel van jou eie geliefde Bybel gedeeltes of -verse jy kan byvoeg. Vra dan vir jouself waarom ‘ 'n spesifieke vers of gedeelte so duidelik tot jou spreek. Nee, nie net dit wat jou laat goed voel nie, ook die gedeeltes wat ‘n gevoel van ongemak, skuld of twyfel in jou wakker maak.

Aanhalings uit Psalms, Handelinge, Spreuke van Salomo, Romeine, Genesis, Exodus, Deuteronomium, Lukas, Johannes, Filippense.

Handelinge 4:12

En die saligheid is in niemand anders nie, want daar is ook geen ander naam onder die hemel wat onder die mense gegee is, waardeur ons gered moet word nie.

Spreuke van Salomo 2:6-7

Want die HERE gee wysheid, uit Sy mond kom kennis en verstand, en Hy bewaar hulp vir die opregtes, Hy is 'n skild vir die wat regskape wandel.

Spreuke van Salomo 3:3-4

Laat liefde en trou jou nie verlaat nie; bind dit om jou hals, skryf dit op die tafel van jou hart, dan sal jy genade vind en 'n goeie insig in die oë van God en die mense.

Spreuke van Salomo 4:23

Verwyder van jou die valsheid van mond, en hou ver van jou af die verkeerdheid van lippe.

Spreuke van Salomo 3:5

Vertrou op die HERE met jou hele hart en steun nie op jou eie insig nie.

Spreuke van Salomo 3:6

Ken Hom in al jou weë, dan sal Hy jou paaie gelykmaak.

Psalm 4:8

Groter vreugde het U in my hart gegee as wanneer hulle koring en hulle mos oorvloedig is.

Psalm 4:9

Ek wil in vrede gaan lê en meteens aan die slaap raak; want U, o HERE, alleen laat my in veiligheid woon.

Psalm 18:30-31

Want met U loop ek 'n bende storm, en met my God spring ek oor 'n muur. Die weg van God is volmaak; die woord van die HERE is gelouter; Hy is 'n skild vir almal wat by Hom skuil.

Psalm 23

Die HERE is my herder; niks sal my ontbreek nie. Hy laat my neerlê in groen weivelde; na waters waar rus is, lei Hy my heen. Hy verkwik my siel; Hy lei my in die spore van geregtigheid, om sy Naam ontwil.

Al gaan ek ook in 'n dal van doodskaduwee, ek sal geen onheil vrees nie; want U is met my: u stok en u staf dié vertroos my.

U berei die tafel voor my aangesig teenoor my teëstanders; U maak my hoof vet met olie; my beker loop oor. Net goedheid en guns sal my volg al die dae van my lewe; en ek sal in die huis van die HERE bly in lengte van dae.

Psalm 27:2

As kwaaddoeners teen my nader kom om my vlees te eet- my teëstanders en my vyande, ja, myne- struikel hulle self en val.

Psalm 27:3

Al word 'n laer teen my opgeslaan, my hart sal nie vrees nie; al staan 'n oorlog teen my op, nogtans vertrou ek.

Psalm 91:2

Ek sal tot die HERE sê: My toevlug en my bergvesting, my God op wie ek vertrou.

Psalm 91:14

Omdat hy My liefhet, sê God, daarom sal Ek hom red; Ek sal hom beskerm, omdat hy my Naam ken.

Psalm 91:15

Hy sal My aanroep, en Ek sal hom verhoor; in die nood sal Ek by hom wees; Ek sal hom uitred en eer aan hom gee.

Psalm 118:24

Dit is die dag wat die HERE gemaak het; laat ons daaroor juig en bly wees.

Psalm 119:105

U woord is 'n lamp vir my voet en 'n lig vir my pad.

Psalm 1:1-2

Welgeluksalig is die man wat nie wandel in die raad van die goddelose en nie staan op die weg van die sondaars en nie sit in die kring van die spotters nie; maar sy behae is in die wet van die HERE, en hy oordink sy wet dag en nag.

Psalm 1:3

En hy sal wees soos 'n boom wat geplant is by waterstrome, wat sy vrugte gee op sy tyd en waarvan die blare nie verwelk nie; en alles wat hy doen, voer hy voorspoedig uit.

Psalm 1:4-5

So is die goddelose mense nie, maar soos kaf wat die wind verstrooi. Daarom sal die goddelose nie bestaan in die oordeel en die sondaars in die vergadering van die regverdiges nie.

Psalm 1:6

Want die HERE ken die weg van die regverdiges, maar die weg van die goddelose sal vergaan.

Romeine 3:23-24

want almal het gesondig en dit ontbreek hulle aan die heerlikheid van God, en hulle word deur sy genade sonder verdienste geregverdig deur die verlossing wat in Christus Jesus is.

Romeines 6:23

Want die loon van die sonde is die dood, maar die genadegawe van God is die ewige lewe in Christus Jesus, onse Here.

Romeine 7:19-20

Want die goeie wat ek wil, doen ek nie, maar die kwaad wat ek nie wil nie, dit doen ek. Maar as ek doen wat ek nie wil nie, dan doen ek dit nie meer nie, maar die sonde wat in my woon.

Romeine 8:28

En ons weet dat vir hulle wat God liefhet, alles ten goede meewerk, vir hulle wat na sy voorneme geroep is.

Romeine 10:9-11

As jy met jou mond die Here Jesus bely en met jou hart glo dat God Hom uit die dode opgewek het, sal jy gered word; want met die hart glo ons tot geregtigheid en met die mond bely ons tot redding. Want die Skrif sê: Elkeen wat in Hom glo, sal nie beskaam word nie.

Romeine 12:13

Maak voorsiening in die behoeftes van die heiliges; streef na gasvryheid;

Romeine 12:14

seën die wat julle vervolg, seën en moenie vervloek nie;

Romeine 12:1

Ek vermaan julle dan, broeders, by die ontferminge van God, dat julle jul liggame stel as 'n lewende, heilige en aan God welgevallige offer dit is julle redelike godsdiens.

Romeine 12:2

En word nie aan hierdie wêreld gelykvormig nie, maar word verander deur die vernuwing van julle gemoed, sodat julle kan beproef wat die goeie en welgevallige en volmaakte wil van God is.

Romeine 12:3

Want deur die genade wat aan my gegee is, sê ek vir elkeen wat onder julle is, dat hy nie van homself meer moet dink as wat 'n mens behoort te dink nie; maar dat hy daaraan moet dink om besadig te wees na die maat van geloof soos God dit aan elkeen toebedeel het.

Romeine 12:9-10

Laat die liefde ongeveins wees; verafsku wat sleg is; hang die goeie aan; wees hartlik teenoor mekaar met broederlike liefde; die een moet die ander voorgaan in eerbetoning;

Romeine 12:17-18

vergeld niemand kwaad vir kwaad nie; bedink wat goed is voor alle mense; as dit moontlik is, sover as dit van julle afhang, leef in vrede met alle mense.

Romeine 12:21

Laat jou nie deur die kwaad oorwin nie, maar oorwin die kwaad deur die goeie.

1 Samuel 16:7

Maar die HERE sê vir Samuel: Kyk nie na sy voorkoms en sy hoë gestalte nie, want Ek ag hom te gering. Want nie wat die méns sien, sien God nie; want die mens sien aan wat voor oë is, maar die HERE sien die hart aan.

2 Thimotheus 2:13

As ons ontrou is, Hy bly getrou; Hy kan Homself nie verloën nie.

Kolossense 3:23

En wat julle ook al doen, doen dit van harte soos vir die Here en nie vir mense nie,

1 Korinthërs 15:3-4

Want in die eerste plek het ek aan julle oorgelewer wat ek ook ontvang het, dat Christus vir ons sondes gesterf het volgens die Skrifte; en dat Hy begrawe is, en dat Hy op die derde dag opgewek is volgens die Skrifte;

1 Korinthërs 15:34

Wees nugter op die regte manier, en sondig nie; want sommige het geen kennis van God nie. Ek sê dit tot julle beskaming.

2 Korinthërs 5:21

Want Hy het Hom wat geen sonde geken het nie, sonde vir ons gemaak, sodat ons kan word geregtigheid van God in Hom.

2 Korinthërs 12:10

Daarom het ek behae in swakhede, in mishandelinge, in node, in vervolginge, in benoudhede, om Christus wil. Want as ek swak is, dan is ek sterk.

Deuternomium 31:6

Wees sterk en vol moed; wees nie bevrees en word nie verskrik vir hulle nie; want dit is die HERE jou God wat saam met jou trek; Hy sal jou nie begewe of verlaat nie.

Prediker 7:1

'n Goeie naam is beter as goeie olie, en die sterfdag beter as die geboortedag.

Prediker 7:8

Die einde van 'n saak is beter as sy begin; 'n lankmoedige is beter as 'n hoogmoedige.

Prediker 7:9

Wees nie haastig in jou gees om jou te vererg nie, want ergernis rus in die boesem van die dwase.

Efesiërs 4:32

Maar wees vriendelik en vol ontferming teenoor mekaar; vergeef mekaar soos God ook in Christus julle vergewe het.

Efesiërs 6:5-6

Diensknegte, wees gehoorsaam aan julle here na die vlees, met vrees en bewing, in opregtheid van julle hart, soos aan Christus; nie met oëdiens soos mensebehaers nie, maar soos diensknegte van Christus wat die wil van God van harte doen

EXODUS 20:1-17 (Die Tien Gebooie)

  1. 20:1 Toe het God al hierdie woorde gespreek en gesê:
  2. I 20:2 Ek is die HERE jou God wat jou uit Egipteland, uit die slawehuis, uitgelei het. Jy mag geen ander gode voor my aangesig hê nie.
  3. II Jy mag vir jou geen gesnede beeld of enige gelykenis maak van wat bo in die hemel is, of van wat onder op die aarde is, of van wat in die waters onder die aarde is nie. Jy mag jou voor hulle nie neerbuig en hulle nie dien nie; want Ek, die HERE jou God, is 'n jaloerse God wat die misdaad van die vaders besoek aan die kinders, aan die derde en aan die vierde geslag van die wat My haat; en Ek bewys barmhartigheid aan duisende van die wat My liefhet en my gebooie onderhou.
  4. III Jy mag die Naam van die HERE jou God nie ydellik gebruik nie, want die HERE sal die een wat sy Naam ydellik gebruik, nie ongestraf laat bly nie.
  5. IV Gedenk die sabbatdag, dat jy dit heilig. Ses dae moet jy arbei en al jou werk doen; maar die sewende dag is die sabbat van die HERE jou God; dan mag jy géén werk doen nie--jy of jou seun of jou dogter, of jou dienskneg of jou diensmaagd, of jou vee of jou vreemdeling wat in jou poorte is nie.< Want in ses dae het die HERE die hemel en die aarde gemaak, die see en alles wat daarin is, en op die sewende dag het Hy gerus. Daarom het die HERE die sabbatdag geseën en dit geheilig.
  6. V Eer jou vader en jou moeder, dat jou dae verleng mag word in die land wat die HERE jou God aan jou gee.
  7. VI Jy mag nie doodslaan nie.
  8. VII Jy mag nie egbreek nie.
  9. VIII Jy mag nie steel nie.
  10. IX Jy mag geen valse getuienis teen jou naaste spreek nie.
  11. X Jy mag nie jou naaste se huis begeer nie; jy mag nie jou naaste se vrou begeer nie, of sy dienskneg of sy diensmaagd, of sy os of sy esel of iets wat van jou naaste is nie.

Galate 6:9

En laat ons nie moeg word om goed te doen nie, want op die regte tyd sal ons maai as ons nie verslap nie.

Genesis 1:1

In die begin het God die hemel en die aarde geskape.

Hebreërs 1:3

Hy, wat die afskynsel is van sy heerlikheid en die afdruksel van sy wese en alle dinge dra deur die woord van sy krag, nadat Hy deur Homself die reiniging van ons sondes bewerk het, het gaan sit aan die regterhand van die Majesteit in die hoogte,

Hebreërs 10:25

En laat ons ons onderlinge byeenkoms nie versuim soos sommige die gewoonte het nie, maar laat ons mekaar vermaan, en dit des te meer namate julle die dag sien nader kom.

Jesaja 35:4-5

Sê aan die wat vervaard is van hart: Wees sterk, wees nie bevrees nie! Kyk, julle God kom met wraak, met goddelike vergelding; Hy self sal kom en julle verlos. Dan sal die oë van die blindes geopen en die ore van die dowes ontsluit word.

Jesaja 40:31

Maar die wat op die HERE wag, kry nuwe krag; hulle vaar op met vleuels soos die arende; hulle hardloop en word nie moeg nie, hulle wandel en word nie mat nie.

Jakobus 1:2-4

Ag dit louter vreugde, my broeders, wanneer julle in allerhande versoekinge val, omdat julle weet dat die beproewing van julle geloof lydsaamheid bewerk. Maar die lydsaamheid moet tot volle verwerkliking kom, sodat julle volmaak en sonder gebrek kan wees en in niks kortkom nie.

Jakobus 1:5-8

En as iemand van julle wysheid kortkom, laat hom dit van God bid, wat aan almal eenvoudig gee sonder om te verwyt, en dit sal aan hom gegee word. Maar hy moet in die geloof bid, sonder om te twyfel; want hy wat twyfel, is soos 'n golf van die see wat deur die wind gedrywe en voortgesweep word. Want dié mens moenie dink dat hy iets van die Here sal ontvang nie-- so 'n dubbelhartige man, onbestendig in al sy weë.

Jakobus 3:8-12

Maar die tong kan geen mens tem nie; dit is 'n onbedwingbare kwaad, vol dodelike gif. Daarmee loof ons God en die Vader, en daarmee vervloek ons die mense wat na die gelykenis van God gemaak is. Uit dieselfde mond kom seën en vervloeking. Dit, my broeders, behoort nie so te wees nie. 'n Fontein laat tog nie uit dieselfde oog vars en bitter water opborrel nie? 'n Vyeboom, my broeders, kan tog nie olywe voortbring, of 'n wingerdstok vye nie? So kan geen fontein brak en vars water voortbring nie.

Jeremia 29:11-13

Want Ék weet watter gedagtes Ek aangaande julle koester, spreek die HERE, gedagtes van vrede en nie van onheil nie, om julle 'n hoopvolle toekoms te gee. Dan sal julle My aanroep en heengaan en tot My bid, en Ek sal na julle luister. En julle sal My soek en vind as julle na My vra met julle hele hart.

Jeremia 33:3

Roep My aan, en Ek sal jou antwoord en jou bekend maak groot en ondeurgrondelike dinge wat jy nie weet nie.

1 Johannes 1:9

As ons ons sondes bely, Hy is getrou en regverdig om ons die sondes te vergewe en ons van alle ongeregtigheid te reinig.

1 Johannes 3:16

Hieraan het ons die liefde leer ken, dat Hy sy lewe vir ons afgelê het; en ons behoort ons lewe vir die broeders af te lê.

Johannes 3:16

Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.

Johannnes 3:17-18

Want God het sy Seun in die wêreld gestuur nie om die wêreld te veroordeel nie, maar dat die wêreld deur Hom gered kan word. Hy wat in Hom glo, word nie veroordeel nie; maar hy wat nie glo nie, is alreeds veroordeel omdat hy nie geglo het in die Naam van die eniggebore Seun van God nie.

Johannes 15:13

Groter liefde het niemand as dit nie, dat iemand sy lewe vir sy vriende gee.

Joshua 1:9

Het Ek jou nie beveel nie: Wees sterk en vol moed, wees nie bevrees of verskrik nie; want die HERE jou God is met jou, oral waar jy heengaan.

Lukas 12:9

Maar hy wat My verloën voor die mense, sal verloën word voor die engele van God.

Mattheus 6:25

Daarom sê Ek vir julle: Moenie julle kwel oor jul lewe--wat julle sal eet en wat julle sal drink nie; of oor jul liggaam--wat julle sal aantrek nie. Is die lewe nie meer as die voedsel en die liggaam as die klere nie?

Mattheus 6:26

Kyk na die voëls van die hemel; hulle saai nie en hulle maai nie en hulle bring nie bymekaar in skure nie, en tog voed julle hemelse Vader hulle. Is julle nie baie meer werd as hulle nie?

Mattheus 6:27-29

Wie tog onder julle kan, deur hom te kwel, een el by sy lengte voeg? En wat kwel julle jul oor klere? Let op die lelies van die veld, hoe hulle groei; hulle arbei nie en hulle spin nie; en Ek sê vir julle dat selfs Salomo in al sy heerlikheid nie bekleed was soos een van hulle nie.

Mattheus 6:30-32

As God dan die gras van die veld, wat vandag daar is en môre in 'n oond gegooi word, so beklee, hoeveel te meer vir julle, kleingelowiges? Daarom moet julle jul nie kwel en sê: Wat sal ons eet, of wat sal ons drink, of wat sal ons aantrek nie? Want na al hierdie dinge soek die heidene; want julle hemelse Vader weet dat julle al hierdie dinge nodig het.

Mattheus 6:33-34

Maar soek eers die koninkryk van God en sy geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word. Kwel julle dus nie oor môre nie, want môre sal hom oor sy eie dinge kwel. Elke dag het genoeg aan sy eie kwaad.

Lukas 12:30-31

want al hierdie dinge soek die nasies van die wêreld, en julle Vader weet dat julle hierdie dinge nodig het. Maar soek die koninkryk van God, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word.

Mattheus 12:32

Moenie vrees nie, klein kuddetjie, want julle Vader het 'n welbehae daarin gehad om aan julle die koninkryk te gee.

Mattheus 12:33-34

Verkoop julle besittings en gee aalmoese; maak vir julle beurse wat nie oud word nie, 'n skat in die hemel wat onuitputlik is, waar geen dief by kom of mot verteer nie. Want waar julle skat is, daar sal julle hart ook wees.

Lukas 16:10-12

Hy wat getrou is in die minste, is ook in die grote getrou; en hy wat onregverdig is in die minste, is ook in die grote onregverdig. As julle dan nie getrou was in die onregverdige Mammon nie, wie sal julle die ware goed oevertrou? En as julle nie getrou was in 'n ander se goed nie, wie sal aan julle jul eie gee?

Lukas 16:13

Geen huiskneg kan twee here dien nie; want hy sal òf die een haat en die ander een liefhê, òf die een aanhang en die ander een verag. Julle kan nie God én Mammon dien nie.

Mattheus 5:3-10

  1. Salig is die wat arm van gees is, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemele.
  2. Salig is die wat treur, want hulle sal vertroos word.
  3. Salig is die sagmoediges, want hulle sal die aarde beërwe.
  4. Salig is die wat honger en dors na die geregtigheid, want hulle sal versadig word.
  5. Salig is die barmhartiges, want aan hulle sal barmhartigheid bewys word.
  6. Salig is die wat rein van hart is, want hulle sal God sien.
  7. Salig is die vredemakers, want hulle sal kinders van God genoem word.
  8. Salig is die wat vervolg word ter wille van die geregtigheid, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemele.

Mattheus 5:11

Salig is julle wanneer die mense julle beledig en vervolg en valslik allerhande kwaad teen julle spreek om My ontwil.

Mattheus 5:12

Verbly en verheug julle omdat julle loon groot is in die hemele; want so het hulle die profete vervolg wat voor julle gewees het.

Mattheus 11:28

Kom na My toe, almal wat vermoeid en belas is, en Ek sal julle rus gee.

Matthew 28:19-20

Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het. En kyk, Ek is met julle al die dae tot aan die voleinding van die wêreld. Amen

Psalm 119:11

Ek het u woord in my hart gebêre, dat ek teen U nie sal sondig nie.

1 Petrus 3:18

Want Christus het ook eenmaal vir die sondes gely, Hy die Regverdige vir die onregverdiges, om ons tot God te bring--Hy wat wel gedood is na die vlees, maar lewend gemaak deur die Gees;

Filipense 2:3

Moenie iets doen uit selfsug of uit ydele eer nie, maar in nederigheid moet die een die ander hoër ag as homself.

Filipense 4:13

Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee.

Filippense 4:8-9

Verder, broeders, alles wat waar is, alles wat eerbaar is, alles wat regverdig is, alles wat rein is, alles wat lieflik is, alles wat loflik is--watter deug en watter lof daar ook mag wees, bedink dit. En wat julle geleer en ontvang en gehoor en in my gesien het, doen dit, en die God van vrede sal met julle wees.

Filippense 4:10

Ek het my grootliks verbly in die Here dat julle nou eindelik weer opgeleef het om aan my belange te dink; waaraan julle ook gedink het, maar julle het die geleentheid nie gehad nie.

Filippense 4:11-12

Nie dat ek dit uit gebrek sê nie, want ek het geleer om vergenoeg te wees met die omstandighede waarin ek is. Ek weet om verneder te word, ek weet ook om oorvloed te hê; in elke opsig en in alle dinge is ek onderrig: om versadig te word sowel as om honger te ly, om oorvloed te hê sowel as om gebrek te ly.

Nuutste Byvoegings



Ken Jy Die Drie Figure In Die Verhaal Van Die Verlore Seun?

Die volgende beskrywing van die verhaal van die verlore seun soos Dominee Sara-Jane Wessels dit skilder, het weereens vir my nuwe betekenis gekry. Ek hoop jy sal ook die drie hoof figure opnuut ontmoet.
Verlore Seun Keer Terug


Is Daar Antwoorde in die Bybel
Die Onbetroubare Lewenspad
Is daar meer as een Hemel?
Gunsteling Bybel Aanhalings
24 Uur in God se diens Wat sal gebeur as?
Oefeninge uit die Bybel? Kom oefen jou brein en versterk hom.
Gedink God hou nie van jou nie? Lees eers Sy brief
Praat God vandag nog met ons?
God se Stem in die Bybel

English

We Invite You To Join Us At The Lord's Green Pastures And His Still Waters.

Green pastures and still waters as described by David in psalm 23 may have different meanings to different people. :

  • - We yearn for the Lord’s green pastures and still waters because the high waves of life are drowning us and we do not know how to escape from them.
  • <
  • We reached the Lord’s trees and green grass at still waters
  • - Here we relax in preparation for the journey the Lord has prepared for us.
  • - Therefore we are going to leave all our problems at His Feet, and NOT take them back!
  • study His Word for directions to the road ahead.
  • worship and praise Him with all our heart.
  • My passion in life is to allow God to use me to make a difference in the lives of all people traveling with me on life’s road on earth.
  • I do this in answer to the Lord’s command to each one of us to spread His Word where ever we go and because I cannot stop the fountain of Love for Him in my heart from bursting out and I HAVE to give It Away.

Latest Additions



Can You believe The New Testament?
Favourite Bible Quotes
Can You Pray The Lord's Prayer?
We Never Talk Anymore
My Protector Never Sleeps
">A Doll Named Polly
Who is Jesus

Deuterocanonical (apocrypha) books are those books that were included in the Greek Septuagint (LXX) but not included in the Hebrew Bible
How Great is our God


Bible Talks About Disabled People Too>
Disabled People Part of Jesus' Family