Search this site or the web powered by FreeFind |
Maar een ding: ek vergeet die dinge wat agter is en strek my uit na wat voor is,
en jaag na die doel om die prys te verkry van die hoë roeping van God in Christus Jesus.
--Paulus in Filipense 3:14

Neurologiese siektes raak nie slegs die persoon wat daarmee moet saam leef nie. Die aard en tipe neurologiese toestand sal ook bepaal tot watter mate gesinslede, familie, vriende, opvoedkundiges, kollegas en wie ook al in die persoon se lewe is, daardeur geraak word.
Omdat neurologiese toestande so ‘n wye veld dek, word hierdie afdeling van ons webwerf hoofsaaklik gebruik om bekende, en ook minder bekende, siekte toestande te bespreek. Inligting wat betrekking het op meer as een siekte toestand of lewenswyse as gevolg van ‘n neurologiese toestand, sal jy in ons Artikels afdeling kry.
Laat weet ons asseblief as daar ‘n spesifieke neurologiese toestand is waaroor jy meer wil weet. Vertel ons ook van neurologiese toestande waarmee jy of jou familie of vriende saam leef sodat ons ons persoonlike uitdagings probleme en suksesse met mekaar kan deel. Ons
kan hier gekontak word
Alhoewel dokters nog nie seker is wat die oorsaak van Spina bifida is nie, stem hulle saam dat daar ‘n sterk element van oorerwing bestaan wat die siekte van een geslag na die ander oordra. Heelwat studies toon aan dat ‘n tekort aan voldoende hoeveelhede witamien folic acid in ‘n vrou se dieet voordat sy swanger is, ‘n ernstige faktor is wat veroorsaak dat sy Spina bifida aan haar kinders oordra.
Spina bifida beteken dat die baba se ruggraat nie toegegaan het in die vroeë stadiums van die swangerskap nie. Die toestand kan reeds bestaan nog voordat ‘n vrou bewus is daarvan dat sy swanger is.
Ander risiko faktore afgesien van dit wat as as gevolg van die moeder se gesondheidstoestand bestaan, sluit in :
Babas en kinders met spina bifida mag sommige van die volgende langtermein simtome ervaar :
‘n Bloedtoets genaamd maternal serum alpha-fetoprotein (MSAFP), kan reeds voorgeboortelik gedoen word. Twee verdere toetse sal uitgevoer word as bevind word dat daar voldoende bewys van neurale kanaal (Spinal Tube) risiko teenwoordig is.
‘n Mniocentesis – Trek van ‘n monster van amniotic fluid deur middel van ‘n naald wat in die buik geplaas word. Vlakke van MSAFP en ander materiaal in die amniotiese vloeistof word so bemeet.
Ultraklank – ‘n Toets wat van klankgolwe gebruik maak om strukture binne die liggaam te ondersoek, word gebruik. Hierdie toets ondersoek die fetus se rug.
Meningocele en myelomeningocele is gewoonlik duidelik na fisiese ondersoek by geboorte. Heelwat verdere toetse is nodig om die omvang van inwendige abnormaliteite van die skelet en senuweestelsel vas te stel.. Die niere is dikwels ook beskadig en moet noukeurig gemoniteer word.
Die eerste tipespina bifida, Occulta spina bifida, benodig geen behandeling nie.
In die geval van Meningocele spina bifida is dit nodig om deur middel van sjirurgie die sist te verwyder waarna die kind gewoonlik normaal ontwikkel.
Behandeling vir myelomeningocele spina bifida is baie ingewikkeld en mag die volgende insluit :
> Alle artikels en skakels na ander webblaaie is slegs vir inligting.Lesers moet asseblief hulle geneeshere kontak vir enige diagnoses, medikasie, verwysings na spesialiste of terapeute.
Hierdie is nie ‘n Mediese Webblad nie. Alle artikels en skakels na ander webblaaie is uitsluitlik vir inligting. Lesers moet asseblief hulle geneeshere kontak vir enige diagnoses, medikasie, verwysings na spesialiste of terapeute.
Allle skakels word hier geplaas bloot ter inligting en vir jou gerief. Ons het geen kontrole oor, of invloed op, die inhoud van hierdie bladsye nie. Ons kan geen verantwoordelikheid aanvaar vir enige inligting wat daar geplaas word nie. Ons glo vas daaraan dat kennis mag is en is seker dat hierdie kwaliteit webblaaie jou sal inspireer om soveel moontlik te wete te kom van enige neurologiese toestand en algemene inligting sodat jy beheer oor jou omstandighede kan neem en ‘n vol en produktiewe lewe sal kan hê.
EnglishA neurological disease does not only have an impact on the person who has to live with the disease, it also have an impact on others who live, or come in contact, with the person. The type and severity of the neurological disease, plays a major role in how it affects the person him/her self as well as their parents, spouses, children, family, friends, teachers and people living or working together with him or her.
This section of our web site will be dedicated to discussions of specific neurological diseases. We wil discuss well-known as well as less familiar diseases. Information and topics applicable to more than one disease or day-to-day living as result of a neurological disease, will be available from our Articles section.
Please let us know if there is a neurological disease of which you want more information. We will do our best to assist you in finding the information. We want to hear from you too. Tell us about your own experience of an disease you, a family member or friend are dealing with. We want to share information and experiences to assist one another on the road of overcoming life’s challenges, problems and successes. We
can be contacted here
This is not a Medical Site. All Articles and links to other WebPages, are purely for informational purposes. Readers must consult their doctors and specialists for medicine, medical advice and reference to physicians and therapists.
These links are provided as a courtesy and for your convenience only. As we have no control or influence over the contents contained on these sites, we can accept no responsibility for the information contained therein. Nevertheless, we believe that knowledge is power, and feel sure that these quality sites will be helpful in gaining the knowledge and information you need to live with, or assist someone with any neurological disease. We hope this will enable you to take control of your life and enjoy a full and productive life despite a neurological disease.