Logo

Leef Voluit


Search this site or the web powered by FreeFind


Site search Web search


Maar een ding: ek vergeet die dinge wat agter is en strek my uit na wat voor is,
en jaag na die doel om die prys te verkry van die hoë roeping van God in Christus Jesus.
--Paulus in Filipense 3:14

Jesus dra sy kruis

For English, click here

Kontak Ons - Contact Us


Welkom op ons Vriendelike Webtuiste

Om

Dink Bietjie Hieroor

Wie Word Almal Geraak Deur Iemand Wat Saam Leef Met ‘n Neurologiese Siektetoestand?

Neurologiese siektes raak nie slegs die persoon wat daarmee moet saam leef nie. Die aard en tipe neurologiese toestand sal ook bepaal tot watter mate gesinslede, familie, vriende, opvoedkundiges, kollegas en wie ook al in die persoon se lewe is, daardeur geraak word.

Omdat neurologiese toestande so ‘n wye veld dek, word hierdie afdeling van ons webwerf hoofsaaklik gebruik om bekende, en ook minder bekende, siekte toestande te bespreek. Inligting wat betrekking het op meer as een siekte toestand of lewenswyse as gevolg van ‘n neurologiese toestand, sal jy in ons Artikels afdeling kry.

Laat weet ons asseblief as daar ‘n spesifieke neurologiese toestand is waaroor jy meer wil weet. Vertel ons ook van neurologiese toestande waarmee jy of jou familie of vriende saam leef sodat ons ons persoonlike uitdagings probleme en suksesse met mekaar kan deel. Ons
kan hier gekontak word


Nuutste Byvoegings



Wat Is Charcot-Marie-Tooth (CMT)
My Lewe Met CMT
Poësie as terapie vir Neurologiese Siektes

Charcot-Marie-Tooth En Ek

Charcot-Marie-Tooth (CMT), of beter omskryf as Hereditary Motor and Sensory Neuropathy (HMSN), is ‘n neurologiese toestand wat die sentrale senuweestelsel aantas.

Die gevolg van die siekte is dat boodskappe vanaf die brein na veral die hande en voete nie reg oorgedra word nie. Die Mialien of senuwee omhulsel word afgebreek omdat die senuwee beskadig is en die Mialien nie gevoed word nie. Die gevolg is dat die spiere wat spesifieke funksies moet uitvoer, verswak en nie korrek reageer nie. ‘n Voorbeeld is die spiere in die hand wat ‘n voorwerp moet vashou, verswak tot so ‘n mate dat die spiere nie in staat is om ‘n voorwerp behoorlik vas te hou nie. Dit het tot gevolg dat ‘n persoon met CMT probleme het om onder andere vasmaak van knope, bottels se proppe af te draai of krane behoorlik toe te draai.

Skade aan aangetaste spiere kan nie weer herstel word nie. Die Mialien afbreking gaan steeds voort omdat die senuwee aangetas is. Selfs spieroorplanting is nie wenslik nie aangesien die oorgeplante spier dieselfde pad sal gaan as die oorspronklike verswakte spier.

Wat doen bostaande aan die persoon met HMSM of CMT?

Daar is verskeie tipes HMSN of CMT en die pasiënte word dus op verskillende maniere geraak. By alle tipes van die siekte word die voete en hande in > mindere of meerdere mate aangetas. Ek sal volstaan by my eie ondervinding van die siekte as tipe 6.

Drie maande na my geboorte is vasgestel dat ek blind is. Die optiese senuwee is aangetas. Omdat ek nie na ‘n gewone skool toe kon gaan nie, is ek na, toe bekend as die Skool vir Blindes, tans die Pionier Skool op Worcester.

As kind was ek altyd lomp, ek het maklik geval. Ek kon nie balans eer op ‘n smal loop plank in die gimnastiek klas nie. Wanneer die onderwyseres my hand vasgehou het, kon ek op die smal kant van die bankie loop. Sodra ek dit op my eie moes doen "wou ek net aandag trek" omdat ek van die bankie afgeval het.

Nadat ek op 10 jaar my enkel verstuit het, het my linker enkel nooit weer sterk geword nie.

Op watter ouderdom my tone begin omkrul het, weet ek nie. Die eerste voetoperasie is gedoen toe ek 21 jaar oud was. Ek het steeds maklik geval, trouens ek het die val-en-opstaan proses tot ‘n fyn kuns ontwikkel! My knieë was bykans altyd stukkend.

Ook my ma het oor haar eie voete geval. Sy het later skoene met ‘n balkie onder die voet gedra omdat sy op die been van haar voet geloop het aangesien dit afgesak het. My ma het in later jare baie gesukkel om bottels oop te maak of toe te draai. Haar balans het ook verswak. Voor haar dood het sy met ‘n loopring gestap.

Ook ek het steeds meer probleme met my voete gehad. Almal het ook verwys na my "snaakse, benerige" hande. Gedurende ‘n soveelste besoek aan ‘n voetspesialis is vasgestel dat ek CMT het.

'n Paar jaar gelede het die mediese wetenskap vasgestel dat my oogprobleem ook aan CMT verwant is. Dit is nogtans 'n twispunt - sommige neuroloë glo dit is verbind aan mekaar terwyl 'n ander groep glo dit is twee afsonderlike toestande. Of dit nou as gevolg van CMT is dat ek blind is of nie, ek leef met beide neurologiese toestande saam.

Deesdae moet ek beenstutte dra om gemaklik te stap. Dit was ‘n geweldige knou vir my ego. Ek kon nog nooit mooi skoene dra nie omdat my enkels geswik het met ‘n skoen met ‘n hak hoër as die outydse duim. My voete is so breed dat ek altyd breë skoene moes dra. En toe nog die beenstutte!

My keuse was om te loop en val omdat ek nie my tone kan oplig nie en dus gedurig in die verleentheid was. Persone wat my gelei het, het altyd gedink hulle het my "laat val" terwyl ek letterlik oor my eie voete geval het.

Die ander keuse was om makliker te stap sonder om te val met, vir my, lelike beenstutte. Die beenstutte het nou deel van my persoonlikheid geword, ek kan minstens nog loop. Gelukkig bestaan mens se liggaam nie net uit bene en voete nie! My voorkoms is nou vir my belangriker as voorheen.

My sig het oor die jare so versleg dat ek deesdae heeltemal blind is. Dit het ook ‘n gedurige aanpassing gekos. Op ‘n dag sou ek agterkom dat ek iets wat ek vantevore nog kon waarneem, nie langer kan sien nie. Omdat my onafhanklikheid vir my baie belangrik is, het ek al drie gidshonde gehad. Hierdie honde het aan my die vryheid van beweging gegee wat ek nodig gehad het om ‘n normale lewe te ly.

Deesdae moet ek ‘n kierie gebruik wanneer ek trappe moet klim of op oneweredige sypaadjies stap. Ook dit het aanpassing gekos. Ek kan steeds nog stap!

Aangesien die spiere in my hande aangetas is, sukkel ek ook om bottels oop te maak. Wanneer ek eet soek ek deesdae ‘n ligte mes en vurk wat makliker is om vas te hou.

Ja, die lewe is dikwels moeilik maar vir wie is dit nie? ‘n Mens moet by veranderende omstandighede aanpas tot die dag van jou dood. My omstandighede is miskien effe moeiliker maar die lewe is so vol uitdagings en vreugde wat dit makliker maak.

Gelukkig tas die

siekte nie ‘n mens se verstand aan nie. Met my rekenaar kan ek ‘n baie bedrywige lewe voer. Mense is my belangstelling en daarom het ek ‘n paar jaar gelede ‘>n lekeberadingskursus by Unisa gevolg en geslaag. Solank ‘n mens jou brein kan stimuleer en nuwe uitdagings kan aanvaar, is die lewe die moeite werd.

Ter afsluiting wil ek noem dat CMT van geslag na geslag oorgedra word. My ma was al 82 jaar oud toe ek vir haar kon vertel dat ons nie maar net lomp is en nie ‘n behoorlike balans het nie, dit is deel van ‘n siekte. Dit neem nie die siekte weg nie, maar maak dit moontlik om daarmee saam te leef. By Met elke swangerskap van iemand met CMT is daar ‘n 50% kans dat dit aan die kind oorgedra kan word. Die siekte is ook nie kieskeurig tussen mans en vrouens nie. Daar word heelwat navorsing in die buiteland gedoen. Dit sal egter nog lank neem voordat die siekte voorkom kan word.

Hettie Woehler
©Kopiereg Voorbehou - 11 September 2003 / 2008


Eboek - Die Ander Sien Voorskou

Die skrywer deel haar ondervinding as blinde kind in 'n kosskool baie kilometers van haar ouerhuis. As blinde moet sy leer oorleef in 'n wêreld saam met alle "Ander" mense. Humor, hartseer, stryd en oorwinning vorm alles deel van hierdie bundel se inhoud.

Kliek hier en ontdek "Die Ander Sien" vir jouself

 

Nuutste Byvoegings



Wat Is Charcot-Marie-Tooth (CMT)
My Lewe Met CMT
Poësie as terapie vir Neurologiese Siektes

VRYWARING

Hierdie is nie ‘n Mediese Webblad nie. Alle artikels en skakels na ander webblaaie is uitsluitlik vir inligting. Lesers moet asseblief hulle geneeshere kontak vir enige diagnoses, medikasie, verwysings na spesialiste of terapeute.

INLIGTING SKAKELS

Hierdie skakels word hier geplaas bloot ter inligting en vir jou gerief. Ons het geen kontrole oor, of invloed op, die inhoud van hierdie bladsye nie. Ons kan geen verantwoordelikheid aanvaar vir enige inligting wat daar geplaas word nie. Ons glo vas daaraan dat kennis mag is en is seker dat hierdie kwaliteit webblaaie jou sal inspireer om soveel moontlik te wete te kom van enige neurologiese toestand en algemene inligting sodat jy beheer oor jou omstandighede kan neem en ‘n vol en produktiewe lewe sal kan hê.

English

What Impact Does A Person Living With A Neurological Disease Have On The Lives Of Others?

A neurological disease does not only have an impact on the person who has to live with the disease, it also have an impact on others who live, or come in contact, with the person. The type and severity of the neurological disease, plays a major role in how it affects the person him/her self as well as their parents, spouses, children, family, friends, teachers and people living or working together with him or her.

This section of our web site will be dedicated to discussions of specific neurological diseases. We wil discuss well-known as well as less familiar diseases. Information and topics applicable to more than one disease or day-to-day living as result of a neurological disease, will be available from our Articles section.

Please let us know if there is a neurological disease of which you want more information. We will do our best to assist you in finding the information. We want to hear from you too. Tell us about your own experience of an disease you, a family member or friend are dealing with. We want to share information and experiences to assist one another on the road of overcoming life’s challenges, problems and successes. We
can be contacted here



Latest Additions



What is Charcot-Marie-Tooth (CMT)
Poetry as therapy for Neurological Diseases
What is Ménière's Syndrome
What is Spina Bifida
The role of the brain in Neurological Diseases

Disclaimer

This is not a Medical Site. All Articles and links to other WebPages, are purely for informational purposes. Readers must consult their doctors and specialists for medicine, medical advice and reference to physicians and therapists.

INFORMATION LINKS

These links are provided as a courtesy and for your convenience only. As we have no control or influence over the contents contained on these sites, we can accept no responsibility for the information contained therein. Nevertheless, we believe that knowledge is power, and feel sure that these quality sites will be helpful in gaining the knowledge and information you need to live with, or assist someone with any neurological disease. We hope this will enable you to take control of your life and enjoy a full and productive life despite a neurological disease.