Search this site or the web powered by FreeFind |
Maar een ding: ek vergeet die dinge wat agter is en strek my uit na wat voor is,
en jaag na die doel om die prys te verkry van die hoë roeping van God in Christus Jesus.
--Paulus in Filipense 3:14

Neurologiese siektes raak nie slegs die persoon wat daarmee moet saam leef nie. Die aard en tipe neurologiese toestand sal ook bepaal tot watter mate gesinslede, familie, vriende, opvoedkundiges, kollegas en wie ook al in die persoon se lewe is, daardeur geraak word.
Omdat neurologiese toestande so ‘n wye veld dek, word hierdie afdeling van ons webwerf hoofsaaklik gebruik om bekende, en ook minder bekende, siekte toestande te bespreek. Inligting wat betrekking het op meer as een siekte toestand of lewenswyse as gevolg van ‘n neurologiese toestand, sal jy in ons Artikels afdeling kry.
Laat weet ons asseblief as daar ‘n spesifieke neurologiese toestand is waaroor jy meer wil weet. Vertel ons ook van neurologiese toestande waarmee jy of jou familie of vriende saam leef sodat ons ons persoonlike uitdagings probleme en suksesse met mekaar kan deel. Ons
kan hier gekontak word
Charcot-Marie-Tooth sindroom (CMT) is ‘n oorerflike, genetiese siekte ‘n Unieke vorm van die siekte word bepaal deur veranderings van die spesifieke gene. Gene produseer die proteïne wat onontbeerlik is vir die liggaam om te funksioneer. In CMT, tas die foutiewe gene die proteïne aan wat noodsaaklik is vir die struktuur en funksionering van jou perifêre senuwees of die mialien skede.” Agteruitgang van die perifêre senuwees of die mialien skede kan slegs verswakte seine na die spiere in jou bene, arms, hande en voete stuur wat swakheid en ‘n dooierige gevoel kan veroorsaak.
CMT kan op verskeie maniere oorgedra word :
Met X-gekoppelde oordraging kom die genetiese verandering in die X kromosoom voor. X-gekoppelde siektes word van moeder na seun oorgedra deur een van die moeder se gene in ‘n vorm wat “X-linked recessive inheritance” genoem word. ‘n Seun erf ‘n X kromosoon van sy ma en ‘n y kromosoom van sy pa. Die X-Y kombinasie gee geboorte aan ‘n seun. ‘n Dogter erf twee X kromosome, een van haar pa en een van haar ma. Die X-X kombinasie skenk geboorte aan ‘n dogter. Vroue met die foutiewe geen wat siektes veroorsaak, is slegs draers van die oorerflike siekte en ly nie self daaraan nie. Die siekte kan ‘n generasie oorslaan totdat daar weer ‘n seun gebore word wat die defektiewe geen op die X kromosoon erf.
Wanneer die genetiese afweiking voorkom op ‘n ander kromosoom as X of Y, word seuns en dogters eweveel aangetas. “Autosomal dominant” oorerwing van CMT kom voor waar slegs een kopie van die foutiewe geen nodig is om die siekte oor te dra. Waar een van die ouers die foutiewe geen dra, is daar ‘n 50% moontlikheid dat die kinders dit kan erf.
Autosomal recessive oordraging ontstaan wanneer twee kopieë van die foutiewe geen nodig is om die siekte oor te dra. ‘n Kopie van die foutiewe geen word van die man sowel as die vrou oorgedra. Die ouers hoef nie self CMT te hê om dit oor te dra nie, hulle kan slegs draers daarvan wees.
Sekere tipes CMT kan oorgedra word van geslag tot geslag. Die siekte tas beide geslagte eweveel aan. Daar kan ‘n paar geslagte oorgeslaan word waar daar geen CMT voorkom nie. In ander gevalle kom CMT as gevolg van ‘n spontaan-aangetaste geen voor sonder dat daar enige geskiedenis van die siekte in vorige geslagte voorgekom het.
CMT kom in meer as een vorm voor. Wetenskaplikes het vasgestel dat daar ander gene is waar CMT voorkom. Elke geen is gekoppel aan ‘n spesifieke tipe CMT. Die algemeenste hiervan is :
Die algemeenste tipe, CMT1 spruit voort uit foutiewe miëlin gene, wat betrokke is by die struktuur en funksionering van die omhulsel van die senuwees (myelin sheath). Foutiewe mialien gene kan afbreking van die (mialien (demyelination) veroorsaak wat lei tot die agteruitgang van die miëlin skede en die perifilêresenuwees ontbloot.
Die vorm van CMT kom minder voor. Dit word veroorsaak deur abnormaliteit in die perifenêre senuwees in plaas van die mialien skede.
CMT3 is ‘n ernstige voorkoms van die siekte. Dit ontwikkel tydens die baba-stadium en tas die mialien skede aan.
Dit is die mees ingewikkelde vorm van CMT. Dit sluit sekere subtipes Afbrekende senuwee agteruitgang in, waar elke subtipe se voorkoms deur ‘n ander foutiewe geen veroorsaak word.
Die foutiewe geen wat CMTX veroorsaak, kom voor op die X kromosoom. CMTX tas mans gewoonlik erger aan. Die rede hiervoor is dat vroue twee X kromosone het wat dikwels kan kompenseer vir ‘n foutiewe kopie van ‘n kromosoom op een X kromosoom en ’n gesonde kopie daarvan op die ander X kromosoom.
Hierdie is nie ‘n Mediese Webblad nie. Alle artikels en skakels na ander webblaaie is uitsluitlik vir inligting. Lesers moet asseblief hulle geneeshere kontak vir enige diagnoses, medikasie, verwysings na spesialiste of terapeute.
Hierdie skakels word hier geplaas bloot ter inligting en vir jou gerief. Ons het geen kontrole oor, of invloed op, die inhoud van hierdie bladsye nie. Ons kan geen verantwoordelikheid aanvaar vir enige inligting wat daar geplaas word nie. Ons glo vas daaraan dat kennis mag is en is seker dat hierdie kwaliteit webblaaie jou sal inspireer om soveel moontlik te wete te kom van enige neurologiese toestand en algemene inligting sodat jy beheer oor jou omstandighede kan neem en ‘n vol en produktiewe lewe sal kan hê.
EnglishA neurological disease does not only have an impact on the person who has to live with the disease, it also have an impact on others who live, or come in contact, with the person. The type and severity of the neurological disease, plays a major role in how it affects the person him/her self as well as their parents, spouses, children, family, friends, teachers and people living or working together with him or her.
This section of our web site will be dedicated to discussions of specific neurological diseases. We wil discuss well-known as well as less familiar diseases. Information and topics applicable to more than one disease or day-to-day living as result of a neurological disease, will be available from our Articles section.
Please let us know if there is a neurological disease of which you want more information. We will do our best to assist you in finding the information. We want to hear from you too. Tell us about your own experience of an disease you, a family member or friend are dealing with. We want to share information and experiences to assist one another on the road of overcoming life’s challenges, problems and successes. We
can be contacted here
This is not a Medical Site. All Articles and links to other WebPages, are purely for informational purposes. Readers must consult their doctors and specialists for medicine, medical advice and reference to physicians and therapists.
These links are provided as a courtesy and for your convenience only. As we have no control or influence over the contents contained on these sites, we can accept no responsibility for the information contained therein. Nevertheless, we believe that knowledge is power, and feel sure that these quality sites will be helpful in gaining the knowledge and information you need to live with, or assist someone with any neurological disease. We hope this will enable you to take control of your life and enjoy a full and productive life despite a neurological disease.