// JavaScript Document

var mess = new Array(

'As ek die begeerte mog waag, sou ek dit graag so wil hê dat die engel wat my kom haal huis toe, my daar bring met die verslag - Ek het hom by sy werk gekry. - <i>C.J. Langenhoven</i>',
'Daar steek nie geld in gedigte nie, maar andersyds is daar ook nie poësie in geld nie. - <i>Robert Graves</i>',
'Dit is maklik om redes te bedink waarom ander geduldig moet wees. - <i>George Eliot</i>',
'GEHEUE Geseend is die vergeetagtiges; want hulle kom selfs hul flaters te bowe. - <i>Friedrich Wilhelm Nietzsche</i>',
'Mense gehoorsaam uit vrees; Goeies uit liefde. - <i>Aristotoles</i>',
'Geleerdheid is \'n versiering in voorspoed, \'n tent in teenspoed en voorsog in die ouderdom. - <i>Aristotoles</i>',
'Ons inkomstes is soos ons skoene - as hulle te klein is, knyp hulle, as hulle te groot is, laat hulle ons struikel en val. - <i>Colton</i>',
'Geluk is die resultaat van liefde en diens. Wees man in die lewe kind in die natuur. – <i>ReenickG</i>', 
'Glo nie alles wat jy hoor, se nie alles wat jy weet, doen nie alles wat jy wil, en verlang nie alles wat jy sien.', 
'Geen lewende man sal \'n leeftyd van geluk kan verduur nie; dit sou hel op aarde wees. - <i>George Bernard Shaw</i>',
'Wat buite ons is, het geen verband met geluk nie.. Geluk kom uit die gemoed. – <i>Benjamin Franklin</i>',
'\'n Man word geken aan die geselskap waaruit hy weg bly. - <i>A. Craig</i>',
'Ons vergeef die skenker nie heeltemal nie. Die hand wat ons voed loop in \'n  mate gevaar om gebyt te word. - <i>Ralp waldo Emerson</i>', 
'Saggeaarde geskied skrywers doop hul penne net in die melk van welwillendheid. – <i>Edmund Burke</i>',
'Gesprekke moet oor alles handel en op niks konsentreer nie. - <i>Oscar Wilde</i>',
'Ons het maar weinig te se as ons nie oor onsself praat nie. - <i>William Hazlitt</i>',
'Gedagtes is die gesprek van die siel met homself. - <i>Plato</i>',
'Die geloof is \'n stok om op te leun, nie om ander mee te slaan nie. - <i>Laurillard</i>',
'Raad wat nie verander kan word nie, is slegte raad. - <i>Publuis Sirius, Sententiae</i>',
'Ons het genoeg godsdiens om mekaar te haat, nie genoeg om mekaar lief te hê nie. - <i>Jonathan Swift</i>',
'God is n sirkel wie se middelpunt orals is en wie se omtrek nêrens is nie. - <i>Empedokles</i>',
'Liefde is nie kunsmatig nie. - <i>C.J. Langenhoven</i>',
'Moenie vriendskap en besigheid meng nie- jy bederf albei. - <i>C.J. Langenhoven</i>',
'Deur twee dinge is my lewe vir my leefbaar gemaak; die liefde wat ek gegee het, en die liefde wat ek gekry het. - <i>C.J. Langenhoven</i>',
'Die gedienstige engel het gekom in \'n huis waar daar liefde was, en met \'n glimlag omgedraai, en gesê - My diens is hier oorbodig. - <i>C.J. Langenhoven</i>',
'Alle godsdiens is liefde, en die meeste liefde is afgodsdiens. - <i>C.J. Langenhoven</i>',
'Hoe korter jy jou kuier maak, hoe gouer sal jy weer genooi word. - <i>C.J. Langenhoven</i>',
'Dis makliker om die gemeente lief te hê as jou buurman, en die hele menslike geslag as jou vrou se familie. - <i>C.J. Langenhoven</i>',
'Jy sê "ja" waar jy moes "nee" gesê het omdat jy die ander nie wil aanstoot gee nie. Maar reken hoe het hy jou aanstoot gegee met sy versoek! - <i>C.J. Langenhoven</i>',
'Die teëspoed sif die vriende uit wat die voorspoed geoes het. - <i>C.J. Langenhoven</i>',
'Trek liewer vir jou vriend jou broek uit as om vir hom vir \'n baadjie borg te staan. Anders loop julle naderhand albei nakend. - <i>C.J. Langenhoven</i>',
'Die prys van vrede is vooruitbetaalbaar, dié van twis agterna. - <i>C.J. Langenhoven</i>',
'Borgskap is \'n kind van vriendskap, maar hy vermoor graag sy ouer. - <i>C.J. Langenhoven</i>',
'Die manteldraaier maak vriende al in die rondte, totdat hy op die end al in die rondte vyande het. - <i>C.J. Langenhoven</i>',
'Hoe meer tevrede \'n man met my is, hoe meer tevrede is ek met hom. En hoe gouer is ons al twee ontevrede. - <i>C.J. Langenhoven</i>',
'Die ware vriendskap, nou, is nie te koop nie; want vriendskap vind nie sy lus in neem nie, maar in gee. - <i>C.J. Langenhoven</i>',
'Die vriendskap wat jy moet koop is \'n duur artikel. Jy sal nie weer jou prys kry as jy dit van die hand wil sit nie. - <i>C.J. Langenhoven</i>',
'\'n Man wat nie vyande het nie deug nie vir \'n vriend nie. - <i>C.J. Langenhoven</i>',
'Moenie by die hemel gaan soek na die engele nie, soek by die engele na die hemel. - <i>C.J. Langenhoven</i>',
'As jy regtig wil seermaak, soek iemand wat jou liefhet. - <i>C.J. Langenhoven</i>',
'Moenie jou vriend vergeet nie; dit sal hom seermaak. Maak jou vyand daarmee seer. - <i>C.J. Langenhoven</i>',
'Daar is één opsig waarin ek my dierbaarste vriend net so behandel soos my bitterste vyand. Ek steek my skande vir albe ewe sorgvuldig weg. - <i>C.J. Langenhoven</i>',
'Dooie vriendskap is die aas van wetsgeleerde kraaie. - <i>C.J. Langenhoven</i>',
'Wat ek van Job die meeste bewonder is nie die geduld wat hy onder teëspoed betoon het nie, maar dié wat hom gekeer het dat hy sy drie vriende nie een vir een by die deur uitgeskop het nie. - <i>C.J. Langenhoven</i>',
'Koop jou wingerdstokkies van jou buurman. Jy het nie die vreemde wingerd se druiwe geproe nie. - <i>C.J. Langenhoven</i>',
'Vat al die kwaad wat jy in jou buurman sien en al die goed wat jy in jouself sien, en maak daar \'n derde mens uit. Hy sal naastenby so lyk soos elk van julle twee. - <i>C.J. Langenhoven</i>',
'Stuur die luiaard na die miere en hy sal daar rondom die miere lê en hy sal hom verlustig in die vlyt en bedrywigheid wat aan die gang is. Want hy hou van werk - die luiaard - solank as dit nie hy is wat werk nie. - <i>C.J. Langenhoven</i>',
'Daar is geen luiaard wat glad nie wil werk nie. Hy verlang maar net na \'n ander soort werk as die wat hy nou moet doen. - <i>C.J. Langenhoven</i>',
'Waardeer die werk van jou vrou. Jy kan nie op die aarde \'n ander kneg kry vir dieselfde diens en dieselfde prys nie. - <i>C.J. Langenhoven</i>',
'Met gehoorsaamheid sal jy uit die kleinste inkomste iets oorhou; met verkwistery sal die grootste vir jou te min wees. - <i>C.J. Langenhoven</i>',
'Daar is een goeie ding wat \'n slaaf soms koop wat vir sy baas te duur is. Die goeie ding is rus en die prys is arbeid. - <i>C.J. Langenhoven</i>',
'Ek was so besig om kanse te soek dat ek my geleenthede een vir een laat verbyglip het. - <i>C.J. Langenhoven</i>');

var max = mess.length;
var num = Math.floor((Math.random() * max));
document.writeln(mess[num]);

